Brigitte Bierlein | |
Ampstermyn 3 Junie 2019 – 7 Januarie 2020 | |
President | Alexander Van der Bellen |
---|---|
Voorafgegaan deur | Sebastian Kurz |
Opgevolg deur | Sebastian Kurz |
President van die Grondwetlike Hof (Oostenryk)
| |
Ampstermyn 23 February 2018 – 3 June 2019 | |
Voorafgegaan deur | Gerhart Holzinger |
Opgevolg deur | Christoph Grabenwarter |
Adjunk-President van die Grondwelike Hof (Oostenryk)
| |
Ampstermyn 1 Januarie 2003 – 22 Februarie 2018 | |
President | Karl Korinek Gerhart Holzinger |
Voorafgegaan deur | Karl Korinek |
Opgevolg deur | Christoph Grabenwarter |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 25 Junie 1949 Wene, Geokkupeerde Oostenryk (Geallieerdes) |
Politieke party | Onafhanklike politikus |
Alma mater | Universiteit van Wene |
Brigitte Bierlein (Duits:bʁiˈɡɪtə ˈbiːɐ̯laɪ̯n; gebore op 25 Junie 1949) is 'n Oostenrykse juris en politikus wat van Junie 2019 tot Januarie 2020 as die Kanselier van Oostenryk gedien het. Sy is die eerste vrou om die pos te beklee. Sy was die advokaat-generaal van die Prokurator se Kantoor - in essensie die land se top aanklaer - vanaf 1990 tot 2002, en vanaf 2001 tot 2003 'n lid van die uitvoerende raad van die Internasionale Assosiasie van Aanklaers. In 2003 was Bierlein aangestel as 'n lid van die Grondwetlike Hof van Oostenryk. Tussen Januarie 2018 en Junie 2019 het sy gedien as die Hof se president, te wete die eerste vrou om die posisie te hou.
Na die Ibiza-aangeleentheid het die Oostenrykse president Alexander Van der Bellen Bierlein op 30 Mei 2019 as Kanselier benoem na 'n parlementêre stem van geen vertroue wat die regering van Sebastian Kurz ontslaan het. Dit was die eerste suksesvolle mosie van die aard in Oostenrykse moderne geskiedenis.[1]
Sy is opgevolg deur Sebastian Kurz van die Oostenrykse Volksparty (Duits: Österreichische Volkspartei, ÖVP).